WOORDE VAN LEWE OOR
MY HUIS EN MY LAND
deur Ruda du Plessis & Drieke Olwage
Book with Audio CD | Boek met Audio CD
Written, Self Published and sold 1000 copies
Ons woorde is soos saadjies wat ons plant. Goeie saad, vol lewe bring mooi groen bome te
voorksyn, en uit negatiewe, dooie woorde groei lelike, uitgedroogte, bruin-blaar bome. Jy sien, ons
woorde het groot krag en dis so belangrik watse tipe woorde ons praat en gedagtes ons bedink oor
onsself, oor ander, oor ons huis en selfs oor ons land.
“Woorde van lewe oor my huis en my land”is ‘n tweetalige kinderboek met 52 verse
uit die Woord van God, geskryf in ‘n taal wat kinders kan verstaan. Die boek sluit ook in ‘n cd
opname van al 52 verse. Saam met die 52 verse is daar ook oorspronklike kinder-kunswerke in die
boek gepubliseer wat die hart van ons kinders deel, oor hoe hulle ons mooie Suid-Afrika sien.